21 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-07-2025 só ingevul:
Die Franse owerheid sukkel om migrante te huisves nadat 'n brand die Grande-Synthe-kamp naby ........ verwoes het.
Duinkerken Duinkerke Dunkirk Dunkerque
Die Franse stad wat voorheen deel van Vlaandere was, heet in Frans "Dunkerque", in Engels "Dunkirk" en in Afrikaans "Duinkerken". In moderne Nederlands word dit wel sonder die slot-n gespel.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
As jy haar begin uitvra oor haar sakeonderneming, blyk dit gou dat die vrou van die koffiewinkel so vals soos ........ is.
Judas Adonis Brutus Thomas
Die vergelyking 'so vals soos Judas' verwys na iemand wat ewe bedrieglik is as wat Judas in die Bybel was.
Sien ook die bladsy Vergelykings.
Ons het rêrig 'n nuwe luidsprekerstelsel nodig. Ons sal die ........ daaroor moet nader.
fasiliteitekommissie fasiliteit fasiliteitsekommissie fasiliteitskommissie
By sommige samestellings is verbindingsklanke ("-s", "-e-", -"er-", "ens") verpligtend, byvoorbeeld "beklaenswaardig", "distriksgeneesheer", "etenstyd" en "fasiliteitekommissie".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Jy moet hard praat, Ouma is doof! Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "doof" in bostaande sin?
attributiewe adjektief predikatiewe adjektief abstrakte naamwoord bywoord van wyse
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)