2387 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-06-2025 (vlak 3)



vorige toets 09 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-06-2025 só ingevul:



Die plek waar lyke veras word, is 'n ........ .

98 % (afgerond)krematorium 
1 % (afgerond)verbrandingsoond
1 % (afgerond)verassery
1 % (afgerond)lykshuis

Lyke word in 'n "krematorium" veras; afvalstowwe word in 'n "verbrandingsoond" verbrand; lyke word tydelik in 'n lykshuis gehou voor die teraardebestelling of verassing.

Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Olifante ........ wanneer hulle ander olifante wil waarsku.
1 % (afgerond)kras
99 % (afgerond)trompetter 
skree
snuif

Olifante trompetter, korhane skree, ratels snuif en kraaie kras.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Die motor maak 'n groot lawaai as ek om 'n draai gaan. Dit beteken waarskynlik dat die ........ vervang moet word.
2 % (afgerond)konstante snelheids las as
20 % (afgerond)konstante snelheidslas-as
72 % (afgerond)konstantesnelheidslasas 
6 % (afgerond)konstante-snelheids-las-as

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "konstante" + selfstandige naamwoord "snelheid") en ʼn selfstandige naamwoord "lasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die afkortings "v.a.a." of "VAA" staan vir ........ .
13 % (afgerond)Vereniging van Afrikaanse aanbieders
2 % (afgerond)Vereniging van Australiese aandeelhouers
54 % (afgerond)vry van alle awery 
31 % (afgerond)Vereniging van Afrika Angoras

"Awery" beteken 'skade aan skip of lading'.
Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Afkortings.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties