2212 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-06-2025 (vlak 3)



Geen vorige toets beskikbaar nie 16 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-06-2025 só ingevul:



Hoe sê ons "chartered accountant" in Afrikaans?
32 % (afgerond)geoktroëerde rekenmeester
61 % (afgerond)geoktrooieerde rekenmeester 
3 % (afgerond)ge-oktrooieerde rekenmeester
3 % (afgerond)ge-oktroëerde rekenmeester

'n "Oktrooi" is 'n vergunning om handel te dryf. As jy so 'n oktrooi ontvang het om handel te dryf, is jy geoktrooieerd.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



Idioom: Iemand oor die vingers ........ .
1 % (afgerond)slaan
98 % (afgerond)tik 
brand
raak

Hierdie idioom beteken 'iemand berispe'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Soms slaan die ........ seerder as die ware jakob.
45 % (afgerond)blindesambok
33 % (afgerond)blinde sambok 
21 % (afgerond)blinde-sambok of blindesambok
1 % (afgerond)blinde-sambok

"Blinde sambok" is nie 'n samestelling nie, en word daarom nie vas geskryf nie. Vergelyk ook "blinde hoogte", "blinde puisie" en "blinde liefde". Let daarop dat "jakob" in die geval volgens die AWS met 'n kleinletter gespel word. Kyk reël 9.23b.
Sien ook die bladsy Samestellings.



ʼn Stadsbeplanner is gemoeid met die beplanning van die dorp of stad waar hy/sy werk.
Wat is die woordsoort van "gemoeid" in bostaande sin?

12 % (afgerond)selfstandige naamwoord
37 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
6 % (afgerond)voegwoord
45 % (afgerond)bywoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet attributief, d.w.s. voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “mooi” huis. Die woord "gemoeid" word egter net predikatief, d.w.s. ná die werkwoord, gebruik. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “gemoeid”, “meer gemoeid”, “die mees gemoeid”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties