2200 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 27 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-08-2025 só ingevul:



Die oorname van die Taliban in Afghanistan veroorsaak 'n groot ........ in Europa.

7 % (afgerond)vlugteling krisis
91 % (afgerond)vlugtelingkrisis 
2 % (afgerond)vlugteling-krisis

ʼn Samestelling (“vlugtelingkrisis”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“vlugteling” en “krisis”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Daar was soetgebak te kus en te keur ........ melktert, skons, vlatertjies, eclairs en ystervarkies.
5 % (afgerond)aanhalingsteken
punt
72 % (afgerond)aandagstreep 
23 % (afgerond)komma

Die aandagstreep word in die plek van 'n ellipsteken of dubbelpunt, of woorde soos "naamlik", "te wete", "byvoorbeeld" of "soos" gebruik.
(AWS13.2)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.



Toeriste besoek graag die ........ pikkewyne naby Simonstad.

90 % (afgerond)kolonie 
1 % (afgerond)swerm
6 % (afgerond)skool
2 % (afgerond)trop

ʼn Versameling pikkewyne word ʼn "kolonie" genoem, terwyl ander voëls meestal ʼn "swerm" genoem word. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Versamelname.



........ se neus het gegroei as hy jok.
5 % (afgerond)Pinnoccio
55 % (afgerond)Pinocchio 
32 % (afgerond)Pinnochio
8 % (afgerond)Pinoccio

Pinocchio is 'n fiktiewe karakter in die kinderboek "Die Avonture van Pinocchio", geskryf deur die Italianer Carlo Collodi. Lees meer by: https://af.wikipedia.org/wiki/Pinocchio
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties