2212 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-06-2025 (vlak 1)



vorige toets 17 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-06-2025 só ingevul:



Die vreemde geluid het my gewek.
Wat is die woordsoort van "gewek" in bostaande sin?
2 % (afgerond)bywoord
96 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "wek - gewek".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ons het by die kwekery rose, potgrond en ........ gekoop.
7 % (afgerond)ontkruitdoder
1 % (afgerond)ontkruit doder
3 % (afgerond)onkruid doder
90 % (afgerond)onkruiddoder 

ʼn Samestelling (“onkruiddoder”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“onkruid” en “doder”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



AB ........ was in 'n stadium die beste kolwer ter wêreld.
1 % (afgerond)De villiers
1 % (afgerond)de villiers
82 % (afgerond)de Villiers 
16 % (afgerond)De Villiers

Indien vanne uit twee los geskrewe dele bestaan, begin elke deel met 'n hoofletter (byvoorbeeld "De Villiers"). As 'n voorletter of voornaam dit egter voorafgaan, begin slegs die laaste deel van die van met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Dewald het darem geslaag. Agteros kom ook in die ........ .
94 % (afgerond)kraal 
1 % (afgerond)weiding
3 % (afgerond)stal
1 % (afgerond)land

Die idioom "agteros kom ook in die kraal" beteken ‘die domste of swakste kry ook ’n kans’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties