17 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-06-2025 só ingevul:
Sommige mense gebruik ........ om bloeding te stop as hulle hul raak geskeer het.
alein aluin allein alluin
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “alein” in plaas van die korrekte “aluin”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Op VivA se webwerf is daar verskillende ........ van gepubliseerde tekste.
slegs corpora slegs korpusse korpusse of corpora slegs korpora
Volgens die AWS is "korpus" se meervoud "korpusse". Die wisselvorm "corpus" se meervoud is "corpora".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Tony Blair is 'n ........ wat van 1997 tot 2007 die eerste minister van Groot-Brittanje was.
Arbeider arbeider
Die lid van 'n politieke party word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die woorde "kopie" (wat na 'n 'voordelige aankoop' verwys) en "kopie" (wat 'afskrif' beteken), is ........ van mekaar.
poliseme homofone homograwe homonieme
Homograwe is woorde met dieselfde spelling, maar met verskillende betekenis en uitspraak. Die uitspraak van "kopie" (meervoud "kopies") en "kopie" (meervoud "kopieë") verskil deurdat die klem in eersgenoemde geval op die eerste lettergreep val en in laasgenoemde geval op die tweede lettergreep.
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)