06 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-11-2025 só ingevul:
My buurvrou praat net ........ wanneer sy kwaad is.
Zoeloe Zulu Zulu of Zoeloe zulu of zoeloe
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “Zoeloe – Zulu”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”. Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Daar loop 'n ........ lava teen die berg af.
stroomtjie stroomdjie stroomkie stroompie
Woorde wat op “m” eindig, voorafgegaan deur ’n diftong, of ’n lang “a”, “e”, “o” of “u”, kry “-pie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.10).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Iemand met drie of meer huweliksmaats is 'n ........ .
poligamis Poligameet Poligamis poligameet
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kunstenaar”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Doreen sal stellig vanaand kom kuier. Wat is die woordsoort van "stellig" in bostaande sin?
Bywoorde modifiseer die adjektief of die werkwoord in 'n sin. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord. Byvoorbeeld, hoe sal Doreen vanaand kom kuier? Die antwoord "stellig". Die woord "stellig" beteken 'na alle waarskynlikheid'.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)