2212 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-06-2025 (vlak 1)



vorige toets 18 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-06-2025 só ingevul:



Die vreemde verskynsel het baie mense ........ .
3 % (afgerond)bedwaas
1 % (afgerond)gedwaas
96 % (afgerond)verdwaas 
geverdwaas

Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin, soos "verdwaas", kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Mevrou Dlamini dra ’n deftige tabberd van rooi ........ .
1 % (afgerond)vleweel
2 % (afgerond)vluweel
95 % (afgerond)fluweel 
1 % (afgerond)fleweel

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak beklemtoonde posisie is (soos die "u" in "fluweel"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as "fleweel").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Jy is my ........ ; ek het jou lief!
3 % (afgerond)hartdief
4 % (afgerond)hartsdief
93 % (afgerond)hartedief 
1 % (afgerond)hart dief

By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “hartedief”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Oupa neem altyd ʼn ........ saam wanneer hy gaan stap.
4 % (afgerond)kirie
4 % (afgerond)kiri
91 % (afgerond)kierie 
1 % (afgerond)kieri

Die [i]-klank in "kierie" is nie van Romaanse of Klassieke herkoms nie en word dus met "ie" geskryf.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties