2212 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-06-2025 (vlak 3)



vorige toets 18 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-06-2025 só ingevul:



Die atleet het in die 100 m-naelloop ........ .
1 % (afgerond)seegevier
6 % (afgerond)geseevier
91 % (afgerond)geseëvier 
2 % (afgerond)seëgevier

Die woord "seëvier" word met 'n deelteken geskryf, aangesien die grondwoord "sege" is. Wanneer die "g" wegval, word dit met 'n deelteken aangedui. Dit het ook by die Nederlandse "regen" gebeur, wat nou geskryf word as "reën".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Al meer boere pas deesdae ........ toe.
3 % (afgerond)droëland boerdery
95 % (afgerond)droëlandboerdery 
1 % (afgerond)droë landboerdery
droë land boerdery

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "droë" + selfstandige naamwoord "land") en ʼn selfstandige naamwoord "boerdery".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



As ek gaan uiteet, drink ek net ........ - die ander wyn is net nie vir my lekker nie.
22 % (afgerond)Pinotage
52 % (afgerond)Pinotage of pinotage 
26 % (afgerond)pinotage

Die name van kultivars of tipes kan met 'n hoofletter of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Idioom: Te vuur en te ........ vervolg.
41 % (afgerond)swaard 
11 % (afgerond)water
48 % (afgerond)swael
1 % (afgerond)sand

Die uitdrukking "te vuur en te swaard vervolg" beteken 'deur middel van vuur en wapens vervolg'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties