21 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-08-2025 só ingevul:
Wat voer jy die beeste dat hulle so mooi vet is? Hierdie pad voer ons in die verkeerde rigting. Die woord "voer" in bostaande sinne is 'n ........ .
homoniem sinoniem antoniem poliseem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “voer” (‘laat eet’) en “voer” (‘lei’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Chantelle is die ........ meisie in die klas.
mees mooiste mooiste mees mooie
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “mooi”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “mooier” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “mooiste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die ........ van SARU het 'n vergadering aangevra ná die noodlottige insident.
slegs voorsitter voorsitter of Voorsitter slegs Voorsitter
'n Ampsbenaming ("voorsitter") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Die suikerpot wemel van die miere! Die woord "wemel" in bostaande sin is 'n voorbeeld van 'n ........ .
oorgangshoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord
In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die suikerpot is vol suiker. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die suikerpot wemel van die miere.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)