0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-09-2025 (vlak 2)



vorige toets 22 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-09-2025 só ingevul:



In weerkunde staan die afkorting "NO" vir ........ .

8 % (afgerond)neerslag onbekend
87 % (afgerond)noordoos 
5 % (afgerond)naderende orkaan

Die afkorting "NO" in weerkunde staan vir "noordoos", "noordooste" of "noordoostelike".
Sien ook die bladsy Afkortings.



'n Sinoniem vir "veiligheid" is ........ .
29 % (afgerond)slegs sekuriteit
56 % (afgerond)sekerheid of sekuriteit 
2 % (afgerond)slegs sekerheid
12 % (afgerond)skuiling of bewaring

Hoewel sommige bronne 'n onderskeid maak in die betekenis van "sekerheid" en "sekuriteit" beskou die WAT en HAT dit as sinonieme.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Ek moet ........ prente vir my skooltaak bymekaarmaak.
83 % (afgerond)uitgeknipte 
1 % (afgerond)uitgeknipde
16 % (afgerond)uitgeknipte of uitgeknipde
uitgeknip

Voltooide deelwoorde wat op “k” of “p” eindig, kry “-te” in die attributiewe vorm. (AWS 11.6)
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



'n Mens hoor die hele nag die ........ van insekte.
7 % (afgerond)gesis
1 % (afgerond)gefluit
3 % (afgerond)gepiep
89 % (afgerond)gegons 

Bye, brommers, vlieë en ander insekte gons.
Kuikens en muise piep, voëls fluit of sing en slange sis.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties