17 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-09-2025 só ingevul:
Die boemelaar het hom die onbewoonde plaashuis ........ .
toe-ge-eien toege-eien toegeëien
By afleidings of fleksievorme waar 'n opeenvolging van vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort, maar uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort, word die deelteken vir skeiding tussen die woorddele gebruik (bv. "toegeëien"). Die koppelteken word egter by samestellings gebruik waar so 'n opeenvolging van vokaalletters tussen die samestellende woorde voorkom (bv. "toe-eien"). (Bron: AWS 5.5)
Sien ook die bladsy Deelteken.
Maak asseblief vir my vyf ........ vol met water.
20-literhouers 20 liter houers 20 literhouers
Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer, word vas met 'n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "20-literhouers", "F16-vegvliegtuig" (AWS 14.5).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die ........ van Behuising is dr. Gericke.
Direkteur-generaal direkteur-generaal Direkteur-Generaal of direkteur-generaal Direkteur-Generaal
'n Ampsbenaming ("direkteur-generaal") wat na 'n individu verwys, of die naam van 'n instelling ("behuising"), begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Die kangaroe ........ in die verte. Sy soek waarskynlik na die ander kangaroes.
snork lag hoes blaas
Makoue en gans blaas, varke snork en hiënas lag.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)