'n Attributiewe adjektief of byvoeglike naamwoord staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “afgemete sinne”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die sinne is afgemete".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Wie het vir Elon Musk gehelp om sy ........ te begin?
elektriese voertuig-maatskappy elektriese voertuigmaatskappy elektriese voertuig maatskappy elektriesevoertuigmaatskappy
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "elektriese" + selfstandige naamwoord "voertuig") en ʼn selfstandige naamwoord "maatskappy".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die polisie het die saak ........ , maar kon geen bewyse kry nie.
ondersoek geondersoek geöndersoek ondergesoek
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Ek kon sommer sien hy vertrou my nie, hy het my ........ .
deur sy vingers aangekyk onderlangs beloer skuins aangekyk met 'n donkerbril aangekyk
Om iemand "skuins aan te kyk" beteken om hom met 'agterdog te bejeen'. Ons Engelse vriende sê 'look askance at someone'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)