27 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-08-2025 só ingevul:
Nomgcibelo is dood toe sy van 'n rots ........ het.
geafspring afgespring af gespring geäfspring
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2), byvoorbeeld "afspring - afgespring".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Sorg dat jy drie ........ per dag eet.
maalteis maaltyens maaltye maalteie
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die aantal toeriste wat Suid-Afrika besoek,
jaarliks toeneem neemtoe jaarliks neem jaarliks toe toe jaarliks neem
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die aantal toeriste wat die land besoek, neem jaarliks toe.” en “Die aantal toeriste wat die land besoek is aan die toeneem.”
Sien ook die bladsy Samestellings.
Wat is die ........ van jou skoen?
grote groote grootte
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)