2212 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 01 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-07-2025 só ingevul:



Die stadsraad het die bou van verskeie ........ goedgekeur.
bru-e
10 % (afgerond)bruë
85 % (afgerond)brûe 
5 % (afgerond)brugge

By sommige woorde wat op ’n "g" eindig ("brug"), kan een van die moontlike meervoudsvorme gevorm word deur die toevoeging van ’n "-e" aan die einde van die woord, tesame met die weglating van die "g" en die toevoeging van ’n kappie op die vokaal wat die "g" voorafgegaan het ("brûe"). Ander voorbeelde sluit in "sog" wat "sôe" word en "wig" wat "wîe" word.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Vrugbare grond is ideaal vir ........ .
78 % (afgerond)landbouaktiwiteite 
14 % (afgerond)landbou-aktiwiteite
9 % (afgerond)landbou aktiwiteite

’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld “landbouaktiwiteite”, “naoorlogs”, “pouoogmot” (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Ons sal weer die saak in die ........ bekyk.
57 % (afgerond)nuwe jaar 
5 % (afgerond)Nuwe Jaar
12 % (afgerond)Nuwejaar
26 % (afgerond)nuwejaar

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf. Die vakansiedag is "Nuwejaar" wanneer mense mekaar 'n voorspoedige "nuwe jaar" toewens.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Die twee seuns het mekaar goed geneuk.
'n Sinoniem vir "geneuk" in bostaande sin is ........ .

1 % (afgerond)sleggesê
1 % (afgerond)onteer
95 % (afgerond)geslaan 
3 % (afgerond)beledig

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Die woord "neuk" is 'n redelike kragtige, plat woord en beteken 'slaan'. Let daarop dat die woord in Nederlands 'n heel ander betekenis het.

Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties