19 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-08-2025 só ingevul:
Ronald is 'n ........ ingenieur.
elektronise elektronisch elektroniese elektronies
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Dit is baie moeilik om met Mien saam te werk; sy is baie ........ .
hartkoppig hardkoppig hardkoppeg hartkoppeg
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die ........ van die Nelson Mandela Universiteit het die studente toegespreek.
slegs Rektor rektor of Rektor slegs rektor
'n Ampsbenaming ("rektor") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Haar woede is ........ ; as dit met jou gebeur het, sou jy ook kwaad gewees het.
reggeverdig geregverdigd regverdig geregverdig
Die woorde "geregverdig" en "regverdig" word soms verwar. Die woord "geregverdig" beteken 'waarvoor daar 'n goeie verduideliking is'. Die woord "regverdig" beteken 'volgens wat iemand verdien'. Bron: HAT Skoolwoordeboek
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)