ʼn Samestelling (“vlugtelingkrisis”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“vlugteling” en “krisis”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Daar was soetgebak te kus en te keur ........ melktert, skons, vlatertjies, eclairs en ystervarkies.
aanhalingsteken punt aandagstreep komma
Die aandagstreep word in die plek van 'n ellipsteken of dubbelpunt, of woorde soos "naamlik", "te wete", "byvoorbeeld" of "soos" gebruik. (AWS13.2)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.
Toeriste besoek graag die ........ pikkewyne naby Simonstad.
kolonie swerm skool trop
ʼn Versameling pikkewyne word ʼn "kolonie" genoem, terwyl ander voëls meestal ʼn "swerm" genoem word. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
........ se neus het gegroei as hy jok.
Pinnoccio Pinocchio Pinnochio Pinoccio
Pinocchio is 'n fiktiewe karakter in die kinderboek "Die Avonture van Pinocchio", geskryf deur die Italianer Carlo Collodi. Lees meer by: https://af.wikipedia.org/wiki/Pinocchio
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)