22 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-09-2025 só ingevul:
In weerkunde staan die afkorting "NO" vir ........ .
neerslag onbekend noordoos naderende orkaan
Die afkorting "NO" in weerkunde staan vir "noordoos", "noordooste" of "noordoostelike".
Sien ook die bladsy Afkortings.
'n Sinoniem vir "veiligheid" is ........ .
slegs sekuriteit sekerheid of sekuriteit slegs sekerheid skuiling of bewaring
Hoewel sommige bronne 'n onderskeid maak in die betekenis van "sekerheid" en "sekuriteit" beskou die WAT en HAT dit as sinonieme.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Ek moet ........ prente vir my skooltaak bymekaarmaak.
uitgeknipte uitgeknipde uitgeknipte of uitgeknipde uitgeknip
Voltooide deelwoorde wat op “k” of “p” eindig, kry “-te” in die attributiewe vorm. (AWS 11.6)
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
'n Mens hoor die hele nag die ........ van insekte.
gesis gefluit gepiep gegons
Bye, brommers, vlieë en ander insekte gons. Kuikens en muise piep, voëls fluit of sing en slange sis.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)