08 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-10-2025 só ingevul:
Daar is baie ........ in die tuin.
slakkens slake slakke slaks
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("slak"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die bure se oor en weer kuiery maak ........ op ons privaatheid.
inbreuk inbreek inbrook ingebreek
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “inbreek” in plaas van die korrekte “inbreuk”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die motor staan in die ........ .
agter-plaas agter plaas agterplaas
ʼn Samestelling ("agterplaas") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("agter" en "plaas") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
My ouma het geval en haar ........ gebreek.
jup jeup heup hup
As gevolg van palatalisasie in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "jeup" in plaas van die korrekte "heup".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)