2181 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-09-2025 (vlak 2)



vorige toets 18 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-09-2025 só ingevul:



Die weë van die goue kat word nou deur 'n Suid-Afrikaanse navorser in Gaboen ........ .
uitrafel
99 % (afgerond)ontrafel 
berafel

'n Geheim word "ontrafel"; weefstof "rafel uit".
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Meneer Engelbrecht is 'n ........ persoon in ons gemeenskap.
1 % (afgerond)gesien
1 % (afgerond)gesiende
gesonne
98 % (afgerond)gesiene 

Byvoeglike naamwoorde wat voor die selfstandige naamwoord wat beskryf word staan, kry 'n "-e" (attributiewe "-e").
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die landmassa wat uit Europa en Asië bestaan, word ........ genoem.
14 % (afgerond)Euro-Asië
euro-asië
85 % (afgerond)Eurasië 
1 % (afgerond)eurasië

Geografiese name, byvoorbeeld die name van kontinente, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



Kinders is afhanklik van hul ouers.
Wat is die woordsoort van "afhanklik" in bostaande sin?

1 % (afgerond)voegwoord
22 % (afgerond)bywoord
63 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
14 % (afgerond)selfstandige naamwoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “afhanklike” kind. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “afhanklik”, “meer afhanklik”, “die afhanklikste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties