18 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-09-2025 só ingevul:
Ons moet met hierdie hyser ........ ; die ander een gaan op.
af gaan afgaan afgan af gan
ʼn Samestelling ("afgaan") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("af" en "gaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
ʼn Lyfband het meestal ʼn ........ .
gesp gêspe gêsp gespe
Die [ε]-klank in "gespe" word nie gerek nie en kry dus nie ’n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.
Die kat lê op haar skoot en ........ .
pur grom snork spin
Dieregeluide is werkwoorde wat gebruik word om geluide wat diere maak te beskryf. Sien ook: http://af.wikipedia.org/wiki/Dieregeluide.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
........ is een van die belangrikste brandstowwe vir die menslike liggaam.
glukkose Glukosse Glukose glukose
Die eerste woord van ʼn sin ("Glukose") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)