0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-09-2025 (vlak 3)



vorige toets 18 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-09-2025 só ingevul:



Arnold se naïewe voorstelling van die toekoms is die ........ idee wat ek nog gehoor het.
10 % (afgerond)utopiesste
12 % (afgerond)utopieste
1 % (afgerond)mees utopiesste
76 % (afgerond)mees utopiese 

Die trappe van vergelyking van lang byvoeglike naamwoorde word dikwels deur die toevoeging van "meer" en "mees" gevorm. In sulke gevalle kry die byvoeglike naamwoord slegs 'n "-e" as uitgang en nooit 'n verdere "-er" of "-ste" nie.
Kyk in die AWS (www.woordelys.co.za) of 'n spesifieke woord "meer/meeste" neem om trappe van vergelyking te vorm.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die offisier het nie die ........ korrek aangespreek nie.
5 % (afgerond)kollonel
kolenel
93 % (afgerond)kolonel 
1 % (afgerond)kolonêl

Hoewel vokaalverswakking plaasvind, word die "uh"-klank soms nog as "o" gespel ter wille van die Afrikaanse speltradisie.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die verdagte ry 'n blou ........ .
1 % (afgerond)vier deur Ford
72 % (afgerond)vierdeur-Ford 
8 % (afgerond)vier-deur-Ford
19 % (afgerond)vierdeur Ford

In 'n eienaamverbinding as soortnaam wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("vierdeur") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Ford"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Die Russiese politikus wat in 2012 tot 'n derde termyn as sy land se president verkies is, heet ........ .
5 % (afgerond)Wladimir Putin
56 % (afgerond)Wladimir Poetin 
38 % (afgerond)Vladimir Putin

Aangesien Russiese woorde en name in die Cyrilliese alfabet geskryf word, moet dit eers getranslitereer word voordat dit opgeneem kan word in tekste van tale wat van die Latynse alfabet gebruik maak, soos Afrikaans, Engels, Duits of Frans. Elkeen van hierdie tale het hul eie transliterasiereëls om sulke woorde so leesbaar en "volkseie" as moontlik aan te bied. Die Russiese skryfwyse van die naam "Wladimir Poetin" is "Владимир Путин". Die ekwivalente Engelse en Duitse transliterasies daarvan is onderskeidelik "Vladimir Putin" en "Wladimir Putin".
(Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Wladimir_Poetin)

Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties