18 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-09-2025 só ingevul:
Arnold se naïewe voorstelling van die toekoms is die ........ idee wat ek nog gehoor het.
utopiesste utopieste mees utopiesste mees utopiese
Die trappe van vergelyking van lang byvoeglike naamwoorde word dikwels deur die toevoeging van "meer" en "mees" gevorm. In sulke gevalle kry die byvoeglike naamwoord slegs 'n "-e" as uitgang en nooit 'n verdere "-er" of "-ste" nie. Kyk in die AWS (www.woordelys.co.za) of 'n spesifieke woord "meer/meeste" neem om trappe van vergelyking te vorm.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die offisier het nie die ........ korrek aangespreek nie.
kollonel kolenel kolonel kolonêl
Hoewel vokaalverswakking plaasvind, word die "uh"-klank soms nog as "o" gespel ter wille van die Afrikaanse speltradisie.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die verdagte ry 'n blou ........ .
vier deur Ford vierdeur-Ford vier-deur-Ford vierdeur Ford
In 'n eienaamverbinding as soortnaam wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("vierdeur") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Ford"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Die Russiese politikus wat in 2012 tot 'n derde termyn as sy land se president verkies is, heet ........ .
Wladimir Putin Wladimir Poetin Vladimir Putin
Aangesien Russiese woorde en name in die Cyrilliese alfabet geskryf word, moet dit eers getranslitereer word voordat dit opgeneem kan word in tekste van tale wat van die Latynse alfabet gebruik maak, soos Afrikaans, Engels, Duits of Frans. Elkeen van hierdie tale het hul eie transliterasiereëls om sulke woorde so leesbaar en "volkseie" as moontlik aan te bied. Die Russiese skryfwyse van die naam "Wladimir Poetin" is "Владимир Путин". Die ekwivalente Engelse en Duitse transliterasies daarvan is onderskeidelik "Vladimir Putin" en "Wladimir Putin". (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Wladimir_Poetin)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)