2232 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 21 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-07-2025 só ingevul:



Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "it comes in handy" is ........ .
22 % (afgerond)slegs dit kom handig te pas
13 % (afgerond)slegs dit kom goed te pas
1 % (afgerond)slegs dit kom handig in
64 % (afgerond)dit kom goed te pas of dit kom handig te pas 

Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "it comes in handy" is 'dit kom goed te pas' maar 'dit kom handig te pas' is reeds goed gevestig. Die uitdrukking 'dit kom handig in' is egter anglisisties.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Liza is ........ en het 'n baie klein hartjie.
1 % (afgerond)sag geaard
sag geaart
97 % (afgerond)saggeaard 
2 % (afgerond)saggeaart

Woorde wat in die verboë vorm op "-de" eindig, word in die verboë vorm ook met 'n "-d" geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die Kelte glo in ........ wat in die bos bly.
1 % (afgerond)elfjes
elfietjies
98 % (afgerond)elfies 
elftjies

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Die veldatleet wat verbode middels gebruik het, is verban van deelname aan die Olimpiese Spele.
10 % (afgerond)Olimpiese Spele
25 % (afgerond)verbode middels
44 % (afgerond)van 
22 % (afgerond)aan

'n Mens word verban "uit" iets soos 'n sportbyeenkoms, land, ensvoorts.
(Bron: Tweetalige Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties