3492 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-01-2020 (vlak 1)



vorige toets 21 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-01-2020 só ingevul:



Charlize Theron het 'n rol in 'n nuwe lokettreffer losgeslaan.
Wat is die woordsoort van "rol" in bostaande sin?



6 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
12 % (afgerond)werkwoord
79 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
3 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “rol - die rol – rolle”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Suid-Afrika spog deesdae met verskeie bekende ........ .


14 % (afgerond)mode ontwerpers
26 % (afgerond)mode-ontwerpers
60 % (afgerond)modeontwerpers 
1 % (afgerond)modeöntwerpers

ʼn Samestelling ("modeontwerper") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("mode" en "ontwerper") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Ons vriende bly nou in ........ .


7 % (afgerond)Australie
83 % (afgerond)Australië 
9 % (afgerond)Australia
1 % (afgerond)Australieë

Die pleknaam "Australië" kry nie 'n dubbele "e" met 'n deelteken nie. Dit word ook nie soos die Engelse vorm ("Australia") in Afrikaans geskryf nie.
Sien ook die bladsy Plekname.




Haar trane het my hele hart laat vermurwe.
Watter betekenis het "vermurwe" in die sin?


3 % (afgerond)verhard
94 % (afgerond)versag 
2 % (afgerond)koud gelaat
2 % (afgerond)opgekikker

"Vermurf"/"vermurwe" beteken 'verteder', 'versag' of 'tot medelye bring'.
Sien ook die bladsy Uitdrukkings en segswyses.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties