21 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-07-2025 só ingevul:
Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "it comes in handy" is ........ .
slegs dit kom handig te pas slegs dit kom goed te pas slegs dit kom handig in dit kom goed te pas of dit kom handig te pas
Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "it comes in handy" is 'dit kom goed te pas' maar 'dit kom handig te pas' is reeds goed gevestig. Die uitdrukking 'dit kom handig in' is egter anglisisties.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Liza is ........ en het 'n baie klein hartjie.
sag geaard sag geaart saggeaard saggeaart
Woorde wat in die verboë vorm op "-de" eindig, word in die verboë vorm ook met 'n "-d" geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die Kelte glo in ........ wat in die bos bly.
elfjes elfietjies elfies elftjies
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Identifiseer die FOUT in die volgende sin: Die veldatleet wat verbode middels gebruik het, is verban van deelname aan die Olimpiese Spele.
Olimpiese Spele verbode middels van aan
'n Mens word verban "uit" iets soos 'n sportbyeenkoms, land, ensvoorts. (Bron: Tweetalige Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)