4306 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-07-2020 (vlak 3)



vorige toets 03 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-07-2020 só ingevul:



Weens die staking het my pakkie glo in die ........ soek geraak.


20 % (afgerond)pakketkantoor
56 % (afgerond)pakkettekantoor 
20 % (afgerond)pakettekantoor
5 % (afgerond)paketkantoor

ʼn Samestelling (“pakkettekantoor”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pakkette” en “kantoor”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Gustav wil John se onderneming uitkoop.
Wat is die woordsoort van "uitkoop" in bostaande sin?


67 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
4 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
8 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
21 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Gustav koop die onderneming uit. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die idioom, "die ........ op die som," beteken 'dit is die bewys'.


2 % (afgerond)vraag
66 % (afgerond)antwoord
3 % (afgerond)teken
28 % (afgerond)proef 

Die idioom "die proef op die som" beteken 'dit is die bewys van iets'. (Engels: 'That settles the matter')
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ leër moes ingryp om die oproerige skare onder beheer te bring.


7 % (afgerond)Eritriese
52 % (afgerond)Eritrese 
15 % (afgerond)Eritreënse
25 % (afgerond)Eritreense

Die byvoeglike naamwoord vir Eritrea is "Eritrese". 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname, die name van hul inwoners en byvoeglike naamwoorde verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
51% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties