3492 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-01-2020 (vlak 3)



vorige toets 21 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-01-2020 só ingevul:



Die soldaat lig sy vuis ........ .


1 % (afgerond)slegs triomphantelik
27 % (afgerond)slegs triomfantlik
60 % (afgerond)triomfantlik of triomfantelik 
12 % (afgerond)slegs triomfantelik

As jy iets met triomf doen, doen jy dit triomfantlik. Ons kan dit ook "triomfantelik" spel.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die vroulik van "regent" is ........ .


2 % (afgerond)regentster
10 % (afgerond)regentis
80 % (afgerond)regentes 
8 % (afgerond)regentrise

'n "Regent" (manlik) of "regentes" (vroulik) is 'n plaasvervanger vir 'n koning(in).

Afrikaans besit die vermoë om tussen twee geslagte te onderskei, maar in die meeste gevalle word die manlike vorm (of indien moontlik die onsydige vorm) egter in publikasies gebruik.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.




Wie is die skrywer van die klassieke kookboek "Kos vir die kenner: ʼn Kookboek met meer as duisend goeie resepte"?


14 % (afgerond)Errieda du Toit
60 % (afgerond)C. Louis Leipoldt 
23 % (afgerond)Erieda du Toit
3 % (afgerond)C. Louis Leipold

Christiaan Frederik Louis Leipoldt (1880-1947) was 'n bekende joernalis, skrywer, dokter en fynproewer wat onder andere 'n aantal kosboeke geskryf het. Errieda du Toit is 'n hedendaagse koskenner, onder andere bekend vir haar betrokkenheid by kykNET se Kokkedoor- en Koekedoorreeks.
Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/C._Louis_Leipoldt
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Dit is van ........ belang dat hierdie probleem dadelik opgelos word.


61 % (afgerond)kritieke 
39 % (afgerond)kritiese

"Kritiek" en "krities" word dikwels met mekaar verwar. "Krities" word gebruik as 'n mens kritiek uitspreek ("kritiese persoon"), terwyl "kritiek" gebruik word as iets van die uiterste belang is.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties