3842 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 03 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-09-2019 só ingevul:



Ek kan nie ........ dat jy die eenvoudige som nie kan verstaan nie.


30 % (afgerond)sien
70 % (afgerond)insien 

Om te sê "sien" in hierdie sin, word as anglisisties beskou.
Sien ook die bladsy Anglisismes.




Ek sal 'n ........ moet kry om by my doelwitte uit te kom.


16 % (afgerond)vyfjaar plan
72 % (afgerond)vyfjaarplan 
9 % (afgerond)vyf jaar plan
3 % (afgerond)vyf jaarplan

Samestellende samestellings bestaan tipies uit die verbinding tussen 'n woordgroep ("vyf" + "jaar") en 'n selfstandige naamwoord ("plan") en word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die ........ in Suid-Afrika is uitheemse bome.


5 % (afgerond)akker bome
29 % (afgerond)Akkerbome
5 % (afgerond)Akker bome
62 % (afgerond)akkerbome 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.




Dit is tyd dat ons die koring van die ........ skei.


9 % (afgerond)hawer
79 % (afgerond)kaf 
4 % (afgerond)gars
8 % (afgerond)mielies

Die uitdrukking "die koring van die kaf skei" beteken 'die goeie van die slegte skei'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties