10 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-12-2019 só ingevul:
Ena Jansen het repliek gelewer op die ........ in die akademiese joernaal.
artiekel artikel artikil artiekil
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die bank het my huis ........ .
herwaardeer of geherwaardeer herwaardeer of hergewaardeer herwaardeer hergewaardeer
Woorde wat met "her-" begin neem nie gewoonlik 'n "ge-" in die verlede tyd nie. Daar is egter 'n paar uitsonderings wat naas die basisvorm ook "ge-" in die verlede tyd kan neem, soos "herwaardeer" of "geherwaardeer", "hereksamineer" of "gehereksamineer", en "herdefinieer" of "geherdefinieer".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Sir Anthony Hopkins en Catherine Zeta-Jones is twee van die bekendste ........ van ons tyd.
Wallisers Walliesers Wallisiërs Wallisane
'n Inwoner of boorling van Wallis (Engels 'Wales') staan in Afrikaans bekend as 'n "Wallieser" en het "Walliese" gewoontes. In Engels vervul die woord "Welsh" die funksie van sowel die persoonsnaam as die byvoeglike naamwoord wanneer na mense of dinge verwys word wat betrekking het op hierdie Britse deelstaat. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Wallis
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die Opposisie het die minister daarvan beskuldig dat hy ........ is teenoor mense van ander partye.
'n Mens sê iemand is "bevooroordeeld" en dit beteken ''n vooropgestelde mening oor iets of iemand hê'. Die woord "bevooroordelend" is waarskynlik kontaminasie van die woord "bevooroordeeld" en "veroordelend", byvoorbeeld 'n "veroordelende gesindheid teenoor buite-egtelike moeders hê". (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)