4320 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-02-2020 (vlak 3)



vorige toets 28 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-02-2020 só ingevul:



Soms slaan die ........ seerder as die ware jakob.


1 % (afgerond)blinde-sambok
34 % (afgerond)blindesambok
43 % (afgerond)blinde sambok 
21 % (afgerond)blinde-sambok of blindesambok

"Blinde sambok" is nie 'n samestelling nie, en word daarom nie vas geskryf nie. Vergelyk ook "blinde hoogte", "blinde puisie" en "blinde liefde". Let daarop dat "jakob" in die geval volgens die AWS met 'n kleinletter gespel word. Kyk reël 9.23b.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Waarvoor staan die afkorting "des."?


30 % (afgerond)desideratum
5 % (afgerond)desalnietemin
57 % (afgerond)deser 
7 % (afgerond)Desember

In die frase "U brief gedateer 13 des." beteken "des." (die afkorting vir "deser") 'hierdie maand' en nie 'Desember' nie.
Sien ook die bladsy Afkortings.




Idioom: As die ........ verdrink het, word die put gedemp.


10 % (afgerond)kat
7 % (afgerond)kind
5 % (afgerond)vis
78 % (afgerond)kalf 

Die idioom "as die kalf verdrink het, word die put gedemp", beteken 'wanneer die skade klaar gely is, word maatreëls daarteen getref'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die hoofstad van China staan bekend as ........ .


Peeking
2 % (afgerond)Beidjing
93 % (afgerond)Beijing 
5 % (afgerond)Peking

Die AWS erken slegs die spelling "Beijing" wat berus op die transliterasie van Standaardmandaryns. Die spelling "Peking" spruit uit die transliterasie van dialekte van Mandaryns waarmee Europeërs eerste kennisgemaak het.
https://af.wikipedia.org/wiki/Beijing
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties