4320 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 05 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-03-2020 só ingevul:



Markus kan die raarste goed aanvang.
'n Sinoniem vir "raarste" in bostaande sin is ........ .


67 % (afgerond)eienaardigste 
9 % (afgerond)uitsonderlikste
10 % (afgerond)skaarsste
14 % (afgerond)seldsaamste

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "raar - eienaardig", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo". Let op dat die woord "raar" in Afrikaans nie dieselfde beteken as "rare" in Engels nie.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Die ........ van die klooster Loccum het tydens die Reformasie die Lutherse geloofsbelydenis aangeneem sonder om hulle kloostergemeenskap te ontbind.
https://af.wikipedia.org/wiki/Klooster


17 % (afgerond)monikke
51 % (afgerond)monnike 
29 % (afgerond)monnikke
2 % (afgerond)monniks

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die onderwyseres het aan haar klas verduidelik dat 'n ........ ook 'n taalgogga genoem kan word.


43 % (afgerond)anglisisme of Anglisisme 
51 % (afgerond)slegs anglisisme
7 % (afgerond)slegs Anglisisme

Afleidings op "-is", "-isme" en "-isties" wat uit taalname gevorm is, begin met 'n hoofletter of 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Wat is die korrekte manier om die woord "vroutjie" oor twee reëls af te breek?


99 % (afgerond)vrou-tjie 
1 % (afgerond)vrout-jie

Indien die stam van 'n woord nie op "d" of "t" eindig nie en die verkleinwoord gevorm word deur die toevoeging van "-tjie", word daar altyd voor die "-tjie" afgebreek (AWS 1.15).
Sien ook die bladsy Woordafbreking.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties