4320 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 17 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-03-2020 só ingevul:



In gastronomiese kringe, word "trifle" in Afrikaans vertaal as ........ .



17 % (afgerond)basaarpoeding
15 % (afgerond)vlakoek
67 % (afgerond)koekstruif 
1 % (afgerond)borssuiker

Die eerste resep van die tradisionele nagereg "koekstruif" (Engels 'trifle') is al in 1596 in Engeland gepubliseer. Ofskoon koekstruif ook by Afrikaanse basaars bedien kan word, verwys "basaarpoeding" (met 'n "s" gespel) na 'n verskeidenheid poedings soos skuimpoeding, jellie, ensovoorts. (Bron: Wikipedia)

Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Daar loop ’n ........ deur die noorde van ons land.


14 % (afgerond)keurkring
3 % (afgerond)keer-kring
82 % (afgerond)keerkring 
2 % (afgerond)keur-kring

ʼn Samestelling ("keerkring") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("keer" en "kring") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




AB ........ is tans die beste kolwer in die wêreld.


1 % (afgerond)de villiers
1 % (afgerond)De villiers
83 % (afgerond)de Villiers 
16 % (afgerond)De Villiers

Indien vanne uit twee los geskrewe dele bestaan, begin elke deel met 'n hoofletter (byvoorbeeld "De Villiers"). As 'n voorletter of voornaam dit egter voorafgaan, begin slegs die laaste deel van die van met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Iemand wat baie nuuskierig is, word 'n nuuskierige ........ genoem.


9 % (afgerond)apie
laspos
2 % (afgerond)boekwurm
89 % (afgerond)agie 

'n Laspos is iemand wat lastig is; 'n boekwurm lees baie.

Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties