3779 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-09-2020 (vlak 1)



vorige toets 24 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-09-2020 só ingevul:



Toe ek klaar TV gekyk het, het ek gaan ........ .


in kryp
3 % (afgerond)in kruip
96 % (afgerond)inkruip 
1 % (afgerond)inkryp

Skakelwerkwoorde (soos "begin", "bly", "gaan", "help", "hoor", "kom", "leer", "ophou", "probeer", "sien" en "voel") staan gewoonlik voor ʼn ander werkwoord. In die verlede tyd kry die werkwoord nie "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Dit was Wolfie ........ ons bruin wolfhond, wat deur die slang gepik is.


2 % (afgerond):
8 % (afgerond)Geen leesteken nie
3 % (afgerond);
87 % (afgerond), 

Die komma tree op as 'n ruspunt by 'n bysin of toevoeging wat uitbrei op wat reeds genoem is.
Sien ook die bladsy Komma.




Wat noem ons mense wat van buite Suid-Afrika se grense kom om hulle permanent hier te vestig?


5 % (afgerond)emmigrante
14 % (afgerond)emigrante
66 % (afgerond)immigrante 
16 % (afgerond)imigrante

'n Immigrant kom die land in; 'n emigrant gaan die land uit.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




........ mag nie sonder hul ouers se toestemming eiendom koop of in die huwelik tree nie.


88 % (afgerond)Minderjariges 
3 % (afgerond)minderjariges
8 % (afgerond)Minderjarigens
minderjarigens

Die eerste woord van ʼn sin ("Minderjariges") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties