3825 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-08-2020 (vlak 1)



vorige toets 11 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-08-2020 só ingevul:



Erik is fanaties oor sy musiek.
Wat is die woordsoort van "fanaties" in bostaande sin?


33 % (afgerond)bywoord
49 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
14 % (afgerond)selfstandige naamwoord
3 % (afgerond)voegwoord

’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “fanatiese” sokkerondersteuner. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “fanaties”, “meer fanaties”, “mees fanatiese”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Mense loop draaie om die mimiekkunstenaar, want hulle is bang dat hy hulle gaan ........ .


13 % (afgerond)naäap
78 % (afgerond)na-aap 
2 % (afgerond)naaap
6 % (afgerond)na aap

As 'n opeenvolging van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen die dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word 'n koppelteken tussen die dele geplaas.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Ons het in ry ........ gesit.


91 % (afgerond)M 
7 % (afgerond)m
2 % (afgerond)em

Wanneer ’n letter op sy eie in die middel van ’n sin as ’n eienaam gebruik word, word dit met ’n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Uitdrukking: Van ........ en gener waarde.


10 % (afgerond)geen
80 % (afgerond)nul 
3 % (afgerond)beter
6 % (afgerond)jener

Die uitdrukking "van nul en gener waarde" beteken 'niks werd'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties