17 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-07-2025 só ingevul:
Die Abrahamse is geheelonthouers en drink geen ........ nie.
alcohol alkol alkohol alkoöl
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. Die woord "alkohol" is uit Arabies afkomstig.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Die pasiënt is in 'n ........ toestand.
stabiel stabiele stabielde
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
In Namibië woon daar baie ........ .
duitsers of Duitsers slegs Duitsers slegs duitsers
Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Gaan staan agter en wag jou beurt af. Watter soort bywoord is "agter" in bostaande sin?
bywoord van wyse bywoord van graad bywoord van modaliteit bywoord van plek
Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van plek - "agter", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)