Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-08-2024 (vlak 3)



Geen vorige toets beskikbaar nie 12 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-08-2024 só ingevul:



Die sangeres wat die hoofrol in ʼn opera vertolk, is 'n ........ .

56 % (afgerond)prima donna 
6 % (afgerond)prima-donna
1 % (afgerond)priemadonna
37 % (afgerond)primadonna

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Idioom: Dit laat sy ........ kook.
gal
water
99 % (afgerond)bloed 
koffie

Hierdie idioom beteken 'dit maak hom baie kwaad'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die nuwe ........ het reeds groot suksesse behaal om vermeende renosterstropers vas te trek.
2 % (afgerond)renosterteenstropings opleidings eenheid
3 % (afgerond)renosterteenstropings-opleidings eenheid
7 % (afgerond)renosterteenstropings opleidingseenheid
88 % (afgerond)renosterteenstropingsopleidingseenheid 

Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op
“-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”.
Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die getal toeriste wat Suid-Afrika besoek, is aan die toeneem.
Wat is die woordsoort van "toeneem" in bostaande sin?

72 % (afgerond)werkwoord 
13 % (afgerond)selfstandige naamwoord
2 % (afgerond)voornaamwoord
14 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties