Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 14 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-08-2024 só ingevul:



Derick het al baie ........ ("yo-yo") bemeester.
56 % (afgerond)klimtol- of jojotoertjies 
7 % (afgerond)klimtol of jojo toertjies
9 % (afgerond)klimtol-toertjies of jo-jo-toertjies
29 % (afgerond)klimtol- of jo-jotoertjies

As 'n mens twee samestellings naas mekaar stel wat identiese dele bevat, kan die een identiese deel met 'n koppelteken vervang word. Byvoorbeeld:
"klimtol- of jojotoertjies".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die oranjeborssuikerbekkie ........ staan in Engels bekend as die "orange-breasted Sunbird".
9 % (afgerond)"(Anthobaphes violacea)"
60 % (afgerond)(Anthobaphes violacea) 
8 % (afgerond)Anthobaphes violacea
23 % (afgerond)"Anthobaphes violacea"

Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit 'n vertaling is, of as ons 'n wisselvorm wil aandui.
(Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Oranjeborssuikerbekkie)
Sien ook die bladsy Hakies.



As jy nie veel doen om voort te bou op vorige sukses nie, sê ons in die idioom jy rus op jou ........ .

sofa
27 % (afgerond)lourere
jis
72 % (afgerond)louere 

In die idioom "op jou louere rus" ('nie veel doen om verdere sukses te behaal nie') verwys "louere" na die gebruik in Antieke Griekeland om vir iemand ʼn lourierkrans (oftewel louerekrans) te gee as hy/sy uitsonderlik presteer het. As jy dus op jou louere rus, sit jy terug op jou lourierkrans en geniet jou sukses. (Bron: Maroela Media)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Mense wat van Griekeland kom, noem jy ........ .
Griekers
3 % (afgerond)Griekelanders
97 % (afgerond)Grieke 
Griekses

Mense wat van Griekeland kom, noem jy "Grieke" met "Griekse" gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties