15 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-08-2024 só ingevul:
Die pas deur die berg moes gesluit word weens die rotsstorting. Die broek wat Dawid gekoop het pas hom nie. Die woord "pas" in bostaande sinne is 'n ........ .
wisselvorm homoniem
antoniem
poliseem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “pas” (‘pad oor 'n steil berg’) en “pas” (‘nie geskik nie’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Die ........ kitaarspeler van die aand was niemand anders as Carel nie!
gewildste
meer gewildste
mees gewildste
meer gewild
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “mooi”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “mooier” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “mooiste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die ........ grens aan die Vrystaat.
Oos Kaap
Oos-kaap Oos-Kaap
oos-Kaap
Geografiese name, byvoorbeeld die name van provinsies en streke, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die mediamaatskappy het groot winste behaal ná hul groot belegging in ........ .
ehandel
E-handel
Ehandel e-handel
In woorde waar die woord "elektroniese" met "e" afgekort word, word dit met 'n koppelteken vas geskryf aan die naamwoord, byvoorbeeld "e-handel", "e-pos", "e-boek".
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)