Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 16-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 16 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-08-2024 só ingevul:



Die wenspan se ondersteuners jubel oor hulle oorwinning.
'n Sinoniem vir "jubel" in bostaande sin is ........ .

1 % (afgerond)ween
98 % (afgerond)juig 
spoeg vuur
treur

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "jubel - juig".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Gustav het John se onderneming ........ .
geüitkoop
3 % (afgerond)uit gekoop
96 % (afgerond)uitgekoop 
1 % (afgerond)geuitkoop

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-”, byvoorbeeld "uitkoop - uitgekoop" (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Ria se partydigheid jeens haar kêrel veroorsaak dat sy hom maklik ........ napraat.
11 % (afgerond)verergd
78 % (afgerond)klakkeloos 
1 % (afgerond)papperig
10 % (afgerond)kleinlik

"Klakkeloos" beteken 'sonder om na te dink'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die hardwerkende student het met onderskeidings in al sy vakke geslaag.
Wat is die woordsoort van "hardwerkende" in bostaande sin?
78 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
16 % (afgerond)selfstandige naamwoord
6 % (afgerond)bywoord
voegwoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “hardwerkende” student. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties