19 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-08-2024 só ingevul:
Wat is die korrekte manier om die woord "koerantjie" oor twee reëls af te breek?
koerant-jie
koeran-tjie
Indien die stam van 'n woord op "d" of "t" eindig en die verkleinwoord gevorm word deur die toevoeging van "-jie", word daar altyd tussen die "d" of "t" en die "-jie" afgebreek (AWS 1.14).
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
'n ........ het ook vier suiers wat op en af in die silinders beweeg.
Viersilinderenjin
Vier silinder enjin
Vier-silinder-enjin
Vier silinder-enjin
ʼn Samestelling (“viersilinderenjin”) is ʼn woord wat uit meer woorddele (“vier”, “silinder” en “enjin”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die manlik en vroulik vir 'n dosent aan 'n universiteit is 'n ........ .
lektoor en lektorise lektor en lektrise
lektrus en lektra
lekteerder en lekteerderes
Afrikaans besit die vermoë om tussen twee geslagte te onderskei, maar in die meeste gevalle word die manlike vorm (of indien moontlik die onsydige vorm) egter in publikasies gebruik.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Voltooi die volgende idioom: Hoe kaler jonker, hoe groter ........ .
die strooijonker
lyk alles in die donker pronker
stonker
Die idioom "hoe kaler jonker, hoe groter pronker" word gebruik om na ʼn vermoënde persoon te verwys wat graag oor sy rykdom spog.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)