20 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-08-2024 só ingevul:
Ek dink jy slaan die bal mis. Wat is die woordsoort van die woord "bal" in bostaande sin?
bywoord
voegwoord
byvoeglike naamwoord selfstandige naamwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "bal - die bal - balle".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Natasja blink uit in ........ .
land loop
land-loop landloop
ʼn Samestelling ("landloop") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("land" en "loop") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
In ........ het die mense ’n kenmerkende manier van praat.
Namakwaland
Namaqualand
namakwaland
namaqualand
Eiename en plekname ("Namakwaland") word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Idioom: Moenie ........ honde wakker maak nie.
bruin slapende
mooi
blaffende
Die idioom "moenie slapende honde wakker maak nie" beteken ‘laat sake staan wat onaangename gevolge kan hê’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)