Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 22 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-08-2024 só ingevul:



Daar is ernstige ........ op die dorp oor waar die nuwe pad gebou moet word.
3 % (afgerond)twee drag
95 % (afgerond)tweedrag 
twiedrag
1 % (afgerond)twee-drag

ʼn Samestelling ("tweedrag") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("twee" en "drag") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die gas ........ word soms in buislampe gebruik.
3 % (afgerond)nion
94 % (afgerond)neon 
3 % (afgerond)neön
ne-on

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld, "neon", "beantwoord" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Wat noem ons iemand wat baie stadig is?
5 % (afgerond)Herman's drup
52 % (afgerond)harmansdrup 
23 % (afgerond)Hermansdrup
20 % (afgerond)harmansdrip

Haarlemmerolie is 'n geneesmiddel wat oorspronklik in Haarlem (Nederland) vervaardig is. Aangesien dié olie stadig drup, noem ons iemand wat stadig is 'n harmansdrup.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ voor ek op vakansie gegaan het, moes ek my ma daarop voorberei.
weke
100 % (afgerond)Weke 

Die eerste woord in 'n sin, solank as wat dit nie 'n syfer, getal of simbool is nie, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties