Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 23 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-08-2024 só ingevul:



Wat is die sinoniem vir "roer" in die uitdrukking:
'n Boer en sy roer.
4 %hond
5 % (afgerond)perd
5 % (afgerond)sweep
86 % (afgerond)geweer 

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Sarah het haar aan die baas se gesag ........ .
1 % (afgerond)ondergewerp
97 % (afgerond)onderwerp 
1 % (afgerond)geonderwerp
onder gewerp

Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die ........ sakevrou dra baie duur juwele.
97 % (afgerond)skatryk 
1 % (afgerond)skatreik
2 % (afgerond)skat ryk
skat reik

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("skatryk") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Ma is besig om wortelslaai vir die braaivleis te maak.
Wat is die woordsoort van die woord "wortelslaai"?
adjektief
2 % (afgerond)bywoord
97 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)voegwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: wortelslaai - die wortelslaai - wortelslaaie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties