23 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-08-2024 só ingevul:
Koos is ........ oor die nuwe onderneming.
positif
poositief
poosetief positief
In woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank aan die einde van die woord staan ("positief"), skryf ons die [i]-klank met "ie" (AWS 16.10).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die stormwind het die vlae ........ flarde geruk.
in
met aan
deur
Voorsetsels is kort woorde wat die relatiewe posisie of verhouding tussen twee elemente aandui. 'n Mens kan gewoonlik 'n lidwoord en naamwoord (byvoorbeeld 'n meubelstuk) ná 'n voorsetsel gebruik, byvoorbeeld "om die wêreld" en "op die tafel". Ons sê iets word "aan flarde" geruk, maar klere hang "in flarde" en die mis kom "in flarde" oor die berg. Bron: HAT
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Julle kan sommer hier ........ en die woonwa onder die boom trek.
af-haak
af haak
avhaak afhaak
ʼn Samestelling (“afhaak”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele, 'n bywoord “kombuis” en werkwoord “haak”, bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Dit is ʼn moeilike probleem wat nog baie ........ sal verg.
nadenke
nadinke
nadunke
Die werkwoord is "nadink" die verlede deelwoord is "nadenke" en is veral bekend in die kollokasie "stof tot nadenke".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)