Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 27 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-08-2024 só ingevul:



Die hoof sal die pryse oorhandig.
Wat is die woordsoort van "oorhandig" in bostaande sin?

1 % (afgerond)bywoord
97 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)voegwoord
1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "oorhandig", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek kan nie vanaand gaan fliek nie; ek is ........ .
2 % (afgerond)plat sak
plat-sak
98 % (afgerond)platsak 

Byvoeglike naamwoorde ("plat") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde ("sak") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die wêreldbekende natuurverskynsel naby Oudtshoorn staan bekend as die ........ .
3 % (afgerond)kangeroegrot
79 % (afgerond)Kangogrotte 
5 % (afgerond)kangogrotte
13 % (afgerond)Kangeroegrot

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge, grotte ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.



Vir ........ en drank.
93 % (afgerond)spys 
4 % (afgerond)spuis
3 % (afgerond)speis

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "vir spys en drank"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties