Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 28 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-08-2024 só ingevul:



Liefhebbers van ........ kan die naweek uitsien na rugby, sokker en krieket.
36 % (afgerond)mansport 
man sport
3 % (afgerond)mans sport
61 % (afgerond)manssport

Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Hoeveel ........ is daar by die geleentheid.
95 % (afgerond)bydraes 
3 % (afgerond)bydraës
2 % (afgerond)bydra's
beidras

Die “ae”-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.



As jy in jou noppies is met iets, sê ons in die idioom: "Die kind se naam is ........ ".
13 % (afgerond)Groot Gert
55 % (afgerond)Wit Willem 
7 % (afgerond)Wilde Willemien
24 % (afgerond)Mooi Mina

As jy in jou noppies is as iets afgehandel is, sê ons in die idioom die kind se naam is Wit Willem, of Adoons. Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Rusland en ........ is weer haaks oor die voorsiening van gas aan die res van Europa.
46 % (afgerond)slegs Oekraïne 
18 % (afgerond)die Oekraïene of Oekraïene
11 % (afgerond)slegs die Oekraïne
25 %die Oekraïne of Oekraïne

Name van onafhanklike lande word nie voorafgegaan deur die lidwoord "die" nie. Ons skryf dus "Kongo" (en nie "die Kongo" nie) en "Soedan" (en nie "die Soedan" nie). Lees meer oor Oekraïne by: https://af.wikipedia.org/wiki/Oekraïne
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties