Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 03 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-09-2024 só ingevul:



Sonet se skoonma is ........ op hoe sy die kinders opvoed.
95 % (afgerond)hiperkrities 
hiepirkrities
hipirkrities
4 % (afgerond)hieperkrities

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, byvoorbeeld in die voorvoegsel "hiper-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die weermag het vanjaar vyf nuwe ........ ingehuldig.
32 % (afgerond)adjudante-generaal 
4 % (afgerond)adjudant-generale
59 % (afgerond)adjudant-generaals
5 % (afgerond)adjudants-generaal

Die laaste lid van saamgestelde rangbenamings kry die meervoudsvorm, byvoorbeeld "generaal-majoors", "sersant-majoors" (AWS 13.12). In hierdie geval is die rang "adjudant", terwyl "generaal" 'algemeen' beteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



........ is na 'n brand weer vir verkeer oopgestel.
4 % (afgerond)Sir Lowry se pas
18 % (afgerond)Sir Lowry's pas
21 % (afgerond)Sir Lowry's Pas
57 % (afgerond)Sir Lowryspas 

Die bekende bergpas tussen Somerset-Wes en Grabouw in die Wes-Kaap is vernoem na die eertydse goewerneur Sir Lowry Cole. Anders as in Engels word Sir Lowryspas nie met 'n afkappingsteken in Afrikaans geskryf nie.
Sien ook die bladsy Plekname.



Iemand wat vir ʼn stokperdjie boer, noem ons 'n ........ .

23 % (afgerond)naweekboer of stokperdjieboer
8 % (afgerond)tjekboekboer
55 % (afgerond)tjekboekboer of naweekboer 
14 % (afgerond)stokperdjieboer of tjekboekboer

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "tjekboekboer - naweekboer", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties