Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 05 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-09-2024 só ingevul:



Daar is ’n ........ van Chagall se werke by die kunsgalery volgende week.
1 % (afgerond)tentoon stelling
96 % (afgerond)tentoonstelling 
ten toon stelling
2 % (afgerond)ten toonstelling

Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel ("-ing") wat ʼn woordgroep ("ten toon stel") saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Ondersoek die skaap se ........ vir enige teken van siekte.
beek
1 % (afgerond)bëk
3 % (afgerond)bêk
96 % (afgerond)bek 

Die "e" in die woord "bek" word nie gerek nie en kry dus nie ’n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.



Uitdrukking: Buig of ........ .
93 % (afgerond)bars 
1 % (afgerond)suig
7 % (afgerond)breek

Die uitdrukking "buig of bars" beteken 'dit moet, kom wat wil'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die enigste voël wat my babasussie ken, is 'n ........ .
6 % (afgerond)vlamink
13 % (afgerond)Flamink
4 % (afgerond)Vlamink
77 % (afgerond)flamink 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties