Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Kappie

Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek. Byvoorbeeld:

  • brûe
  • wîe
  • môre

Wanneer 'n klank gerek moet word en die klank is in 'n geslote lettergreep aan die einde van 'n woord, kry dit ook 'n kappie. Byvoorbeeld:

  • skêr
  • miljoenêr
  • populêr
  • vulgêr

Wanneer die geslote lettergreep afgesluit word deur meer as een medeklinker, kry dit nie 'n kappie nie. Byvoorbeeld:

  • perd
  • mens
  • kerk
  • kombers

Die woorde ver en vêr word albei erken ter wille van tradisie.


Sekere woorde wat oorgeneem is uit Frans kry kappies soos dit in Frans gespel word. Byvoorbeeld:

  • crêpe-de-chine
  • maître d'hôtel

Lees meer

In hoofstuk 10 van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls kan jy meer lees oor die gebruik van die kappie in Afrikaans.






Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties